David Samaai Tennistoernooi 2026 - Hoërskool Stellenberg skitter
David Samaai Tennistoernooi 2026 – Hoërskool Stellenberg skitter

David Samaai Tennistoernooi 2026 – Hoërskool Stellenberg skitter


David Samaai Tennistoernooi 2026. Hoërskool Stellenberg blink uit by David Samaai 0.15 Tennistoernooi. 🎾

Hoërskool Stellenberg se o/15 seunspan het die afgelope naweek aan die David Samaai 0/15 Tennistoernooi by Paarl Boys’ High (Boishaai) deelgeneem. Die span het uitstekend gevaar en algeheel 3de uit 8 spanne geëindig – ’n prestasie waarop die skool baie trots is.

Die Stellenberg-seuns het hul staal gewys teen sterk kompetisie en met groot vasberadenheid geseëvier.

Finale uitslae:

  1. Paul Roos Gymnasium
  2. Paarl Boys’ High A
  3. Stellenberg High School
  4. Paarl Gimnasium A
  5. Diamantveld High School
  6. Paarl Boys’ High B
  7. Stellenbosch High School
  8. Paarl Gimnasium B

Stellenberg-spanlede: Dirco Odendaal, Anré Burger, Eben Engelbrecht, Stefan van Eyk, Justin Adams, Preston Adams en Tiaan van Tubbergh

Die span se afrigter: Werner Botha.

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://stellenberg.org.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article