Interpro-tennistoernooi - Hoërskool Stellenberg presteer skitterend
Interpro-tennistoernooi – Hoërskool Stellenberg presteer skitterend

Interpro-tennistoernooi – Hoërskool Stellenberg presteer skitterend


Interpro-tennistoernooi. 🎾 Stellies-tennisspelers skitter op nasionale vlak!

Hoërskool Stellenberg in Kaapstad vier groot sporttrots: vier van ons uitblink-tennisspelers is gekies om die Wes-Kaap te verteenwoordig by die Interpro-tennistoernooi in Pretoria, wat vanaf vandag tot 11 Januarie plaasvind.

Die CT Interpro-span sluit in:

  • Justin Adams (seuns o.15)
  • Stefan van Eyk (seuns o.15)
  • Antonio Filippi (seuns o.19)
  • Ané Bowman (meisies o.15)

Slegs die top ses WP-spelers per ouderdomsgroep kry die geleentheid om aan hierdie gesogte toernooi deel te neem – ’n bewys van die ongelooflike talent en harde werk van hierdie Stellies!

Stellies is ongelooflik trots op hierdie spelers wat nie net hul skool nie, maar ook die Wes-Kaap met trots gaan verteenwoordig.

Baie sterkte, Stellies – gaan wys wat julle kan doen op die baan!

Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://stellenberg.org.za/

Foto verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article