Curro AquaElite Gala 2024. Grey Kollege se swemspan het as algehele seunswenners van die Curro AquaElite Gala in Hillcrest (KZN) weggestap.

Die Grey-swemmers het verlede jaar (2023) in die derde posisie geëindig.

Prestasies behaal:

  • Connor le Gassick is as beste o.15-seunswemmer bekroon
  • JC Coetzer het die tweede posisie beklee
  • Aidan Nel en Jedrick Geleta deel die algehele tweede posisie onder die seuns 16-19 jaar.

Grey het daarbenewens die hoogste telling (565) onder die seuns-, meisies- én gekombineerde spanne behaal. Hierdie is ‘n ongelooflike prestasie!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://greycollegesecondary.com/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article