Con Spirito – Debatkompetisie. Hoërskool Stellenberg se debatspanne het hul stemme laat hoor by die debatkompetisie.

Vyf van hul senior debatspanne het op 12 en 13 Junie aan die Con Spirito-debatkompetisie deelgeneem, wat by Stellenberg aangebied is. Elke span het met toewyding en vaardigheid opgetree. Hoërskool Stellenberg is ongelooflik trots op hul prestasie.

Die leerders wat deurgedring het na die Semi-finaal is:

  • MJ van Rensburg
  • Delinda du Toit
  • Duan Hoffman
  • Kirsten Swart
  • Suné Russouw
  • Xander van Rensburg

‘n Spesiale gelukwensing gaan aan die deelnemers wat met hul skerpsinnige argumente deurgedring het na die semi-finale rondtes. Dit vind plaas op 31 Julie en 1 Augustus by Paul Roos Gimnasium.

“Baie geluk, Stellie-debatteerders – julle harde werk en talent skyn helder. Ons hou duim vas vir uitstekende uitslae!”

https://stellenberg.org.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article