Hoërskool Witteberg se steratleet, Celesté Pienaar, is deur Athletics South Africa (ASA) op die voorlopige kortlys vir die Region 5 Games geplaas. Die byeenkoms vind van 4 tot 13 Desember 2026 in Maputo, Mosambiek plaas.
Celesté het haar plek verdien deur as een van die top drie atlete in Suid-Afrika in die 2000 m-hindernis tydens die SA O/18-kampioenskappe te eindig.
Hierdie is reeds die derde keer vanjaar dat sy vir ’n Suid-Afrikaanse span gekies is, nadat sy vroeër ook vir die Skole SA’s en die ASA SA’s gekwalifiseer het.
Foto verskaf





