Cape Town Cycle Tour - Hoërskool Transvalia trots op Shanique
Cape Town Cycle Tour – Hoërskool Transvalia trots op Shanique

Cape Town Cycle Tour – Hoërskool Transvalia trots op Shanique


Cape Town Cycle Tour. Valia Fietsry 2026.

Baie geluk aan Shanique. Sy het onlangs aan die Cape Town Cycle Tour (Argus) deelgeneem waar sy in die 78 km-wedren ’n uitmuntende 5de plek behaal het!

Danksy hierdie prestasie het sy die UCI Gran Fondo-medalje ontvang. Sy is ook uitgenooi om later vanjaar aan die World Series in Japan deel te neem.

Shanique se ander onlangse hoogtepunte sluit in:

  • UCI Gran Fondo-medalje – 2de plek
  • Spargs 1000 – 1ste junior en 2de vrou algeheel

En nog is dit nie die einde nie! Van 1 tot 6 April neem sy in Bellville deel aan die SA Baanfietsrykampioenskappe.

Hoërskool Transvalia is ongelooflik trots op jou, Shanique, en wens jou alle sterkte toe vir die pad vorentoe! 🚴‍♀️🔥

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hstransvalia.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article