Die Top 10 van Gr. 12, 2020

Die klas van 2020 is veel meer as net ‘n storie. Dis ook die verloop van jongmense se drome; die hoop op wense wat waar word; die deurlopende pogings om ‘iets’ te maak uit legkaartstukke wat op die skoolbanke lê; om raakgesien te word ten spyte van maskers waaronder vrese, verwagtings en dalk valse hoop weggesteek word.

Die klas van 2020 staan voor ‘n groot uitdaging: om die geleentheid aan te gryp en die beste daarvan te maak!

Harde werk en toegewydheid gedurende die grendeltyd, gaan nou vrugte afwerp. Gretige onderwysers wat agter elke matriekulant staan om hul te ondersteun, te help en net weer te verduidelik, sal deel wees van die suksesstorie van hierdie akademiese jaar wat tog afgehandel sal word.

Benette Brits, adjunkhoof: BVHS.

Vlnr: Mehmood Khan, Cara Viljoen en Lieze Fouché

V.l.n.r: Stephan van Wyk, Alexa van Wyk en Danielle Greyvenstein
V.l.n.r: Jana de Jager, Corlia du Plessis en Ashley Stemmett

V.l.n.r: Bianca Lessing en Inge Fourie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article