Boland Hoërskool Gholf Kampioenskappe. Paul Roos Gimnasium, Stellenbosch, se eerste gholfspan het gister, 23 Mei, op Boschenmeer die hoof titel by Boland Hoërskool Gholf Kampioenskappe gewen. PRG het 11 houe voor hoër Jongenskool Paarl geëindig.

Paul Roos Gimnasium se tweede span het ook puik vertoon en derde geëindig. Andries van der Vyver het met bestendige puik spel die individuele titel verower. Hy het gelyk aan baansyfer (108 houe) geëindig vir die kompetisie wat oor 27 putjies gespeel is. Andries is goed ondersteun deur sy spanmaats, Jack Brugman (112), Nicolas van der Vyver (113) en Gerard Hartman (114). Paul Roos en HJS sal in Augustus die Boland verteenwoordig by die SA Skole Gholf Kampioenskappe.

Individual winner – Andries van der Vyfer and Tienie Hendrickz (Paul Roos)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://paulroos.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article