ATKV-Debat 2025 - Die wenners word met trots aangekondig
ATKV-Debat 2025 – Die wenners word met trots aangekondig

ATKV-Debat 2025 – Die wenners word met trots aangekondig


ATKV-Debat 2025. Die ATKV-Debatsfinaal het op 4 Augustus by die pragtige ATKV-Goudini Spa plaasgevind, waar die land se topdebatspanne mekaar die stryd aangesê het om die gesogte titel van beste nasionale debatspan. Hierdie kompetisie is meer as net ’n debat – dit is ’n viering van kritiese denke, taalvaardigheid en jong leierskap.

💬 Waarom ATKV-Debat saak maak Die ATKV belê in mense, en die Debatskompetisie bied ’n platform vir raakpraters om nie net hul stem te slyp nie, maar ook om die toekoms met selfvertroue aan te pak. Hier leer jong denkers om hul idees met oortuiging te deel – ’n vaardigheid wat hul hele lewe lank sal dien.

Junior Finaal

🏆 Realiteits-TV onder die loep Die junior spanne het hul redenaarsvernuf ten toon gestel rondom die stelling:

  • Voorstanders: Suid-Afrikaanse realiteitsprogramme weerspieël die werklikheid.
  • Teenstanders: Suid-Afrikaanse realiteitsprogramme weerspieël nie die werklikheid nie.

🎖️ Junior Wenners

  • Beste taalgebruiker: Gerhard Nel – Hoërskool Witteberg
  • Beste junior debatteerder van die dag: Mia Pecoraro – Hoër Meisieskool Bloemhof
  • Eerste plek: Leonelle van Niekerk, Heilene Meintjes & Gerhard Nel – Hoërskool Witteberg
  • Naaswenners: Ella Jonker, Mia Pecoraro & Emma Nel – Hoër Meisieskool Bloemhof
  • Derde plek: Janita Labuschagne, Sandre van Heerden & Ilnah van Wyk – Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

📊 Top-10 Junior Spanne

PlekSkoolSprekers
1Hoërskool WittebergLeonelle van Niekerk, Heilene Meintjes, Gerhard Nel
2Hoër Meisieskool BloemhofElla Jonker, Mia Pecoraro, Emma Nel
3Afrikaanse Hoër Meisieskool PretoriaJanita Labuschagne, Sandre van Heerden, Ilnah van Wyk
4Paul Roos GimnasiumRetief Ferreira, Lian Winckler, Paul du Plessis
5Helpmekaar KollegeKristian van Gaalen, Katie Doyer, Mila Kapp
6AHMPRoxanne Bornman, Zia van Wyk, Skye Byles
7Hoërskool NelspruitJeani Willemse, Leandri Pretorius, Miané van Niekerk
8Hoërskool DurbanvilleChristian Coetzer, Leila Viljoen, Sophia Viljoen
9Helpmekaar KollegeElle Miller, Neil Robinson, Hade-Mari van Graan
10Hoërskool RustenburgRuan Boy, Alexi Schuch, Wiehan Geldenhuys

Senior Finaal:

Die toekoms van gedrukte media Senior spanne het hul standpunte verdedig rondom die stelling:

  • Voorstanders: Die afskaling van gedrukte media is geregverdig.
  • Teenstanders: Die afskaling van gedrukte media is nie geregverdig nie.

🎖️ Senior Wenners

  • Beste taalgebruiker: Andru van Zyl – Afrikaanse Hoër Seunskool
  • Beste senior debatteerder van die dag: SE du Toit – Afrikaanse Hoër Seunskool
  • Eerste plek: SE du Toit & Andru van Zyl – Afrikaanse Hoër Seunskool
  • Naaswenners: Christiaan Burger & Wihan Koster – Afrikaanse Hoër Seunskool
  • Derde plek: Ingrid van Loggerenberg & Sandy Prinsloo – Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

📊 Top-10 Senior Spanne

PlekSkoolSprekers
1Afrikaanse Hoër SeunskoolSE du Toit, Andru van Zyl
2Afrikaanse Hoër SeunskoolChristiaan Burger, Wihan Koster
3Afrikaanse Hoër Meisieskool PretoriaIngrid van Loggerenberg, Sandy Prinsloo
4Afrikaanse Hoër Meisieskool PretoriaLisa Ferreira, Chanté Kemp
5C&N Sekondêre Meisieskool OranjeBrigitte von Maltitz, Cara Conradie
6Helpmekaar KollegeThea Kotzé, Emile du Toit
7Hoërskool DurbanvilleAngelique Myburgh, Genevieve Myburgh
8Hoërskool Gimnasium PaarlCarii van Niekerk, Mila Nel
9Hoërskool OuteniquaHelena Burger, Carli van Rooyen
10Hoër Meisieskool BloemhofDelinda Quinot, Gabbi Spammer

👏 Dankie aan elke deelnemer! Die ATKV-Debat 2025 was ’n viering van jong talent, passie en die krag van woorde. Baie dankie aan elke deelnemer wat hul stem laat hoor het – julle is die denkers en leiers van môre.

Senior wenners: SE du Toit en Anru van Zyl van Affies

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://atkv.org.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article