ASA Senior Atletiekkampioenskap - Hoërskool Gimnasium Paarl
ASA Senior Atletiekkampioenskap – Hoërskool Gimnasium Paarl

ASA Senior Atletiekkampioenskap – Hoërskool Gimnasium Paarl


ASA Senior Atletiekkampioenskap. Paarl Gimnasium atletiek uitblinkers.

Baie geluk aan die Gimmies wat Boland Atletiek verteenwoordig het by die ASA SA Senior Kampioenskap op Coetzenburg! Om as skoolleerders op ’n senior vlak mee te ding en medaljes te verower, is ’n fenomenale prestasie wat Gimmies met trots vier.

Baan- en veldatlete:

  • Quade Matjan – 100 m
  • Cara-Mia Nel – Driesprong en Verspring
  • Mienke Krems – Paalspring
  • Elisma van Wyk – 400 m en Gemengde 4 x 400 m Aflos
  • Sumay van Wyk – 400 m
  • Ashley Cornelius – 200 m en 4 x 100 m Aflos

Medaljeprestasies:

  • Elisma van Wyk – Silwer in die gemengde 4 x 400 m aflos
  • Mienke Krems – Brons in die paalspring

Hierdie uitsonderlike prestasies toon die talent, toewyding en deursettingsvermoë van die atlete. Hoërskool Gimnasium Paarl is ongelooflik trots op elkeen van julle – welgedaan!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.paarlgim.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article