Arendvlerke op die Netbalbaan vir Caydi Fortuin
Caydi Fortuin van Hoërskool Strand is gekies vir o.17-Kaapse Wynland-netbalspan.

Arendvlerke op die Netbalbaan vir Caydi Fortuin


Caydi Fortuin van Hoërskool Strand vlieg met Arendvlerke op die netbalbaan. Met haar talent en toewyding het sy ’n plek in die o.17 Kaapse Wynland netbalspan verower!

Sy gaan tydens die Julie-vakansie haar vaardighede wys wanneer sy aan die Interdistrikstoernooi deelneem.

Caydi, jou skool staan bankvas agter jou. Hoërskool Strand is ongelooflik trots op die manier waarop jy die skool se naam hoog hou. Hou aan om jou vlerke te sprei en nog hoër te vlieg!

https://hsstrand.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article