Allegretto Toneelfees. Die jong toneeltalent van Hoër Bethlehem Voortrekker het onlangs hul merk gemaak by die Allegretto Toneelfees. Die tienertoneel produksies “Ossewa” en “Skaakmat” is met verskeie toekennings bekroon. Hierdie prestasies getuig van die leerders se harde werk, tegniese vernuf en passie vir die verhoogkuns.
Die volgende leerders het met die toneelstuk Ossewa die volgende toekennings ontvang:
- Silwer: Jacobus van der Walt (Klankoperateur), Belinda Basson (Beligtingsoperateur)
- Brons: Lizelle Siemens (Spel), Mikayla McMaster (Spel)




In Skaakmat ontvan die volgende leerders toekenning:
- Silwer: Belinda Basson (Beligtingsoperateur), Chloë van der Schyf (Spel)
- Brons: Jacobus van der Walt (Klankoperateur), Carla Aucamp (Verhoogbestuur)
Al die toekennings weerspieël nie net individuele talent nie, maar ook die samewerking en toewyding van die hele toneelspan. Die kombinasie van tegniese kundigheid en kreatiewe spel het die produksies tot ’n hoë standaard verhef en die beoordelaars beïndruk.
Die skoolgemeenskap is uiters trots op elke leerder wat sy of haar rol met ywer vervul het. Hierdie erkenning dien as inspirasie vir die res van die kompetisieseisoen wat nog voorlê, en bevestig dat die jong akteurs en tegnici ’n blink toekoms in die wêreld van toneel het.
Foto’s voorsien







You must be logged in to post a comment.