AGA Internasionale Boogskiettoernooi. Bergsig Akademie se boogskietspan staan gereed om Suid-Afrika en Noordwes in Botswana te verteenwoordig. Hulle gaan deelgeem die gesogte AGA Internasionale Boogskiettoernooi. Dit word aangebied van 13 tot 15 Augustus 2026 by Big Valley Lodge in Botswana.
Bergsig Akademie se trots is groot. Wessel van der Bank en Minéke Campbell is ingesluit in die Nasionale Junior Span. Mnr. Etienne Terblanche sal as afrigter van die Nasionale AAG-span optree. Dirk van der Bank, Bergsig se eie afrigter, reis saam met die Junior Span en dra by tot die voorbereiding van die jong skuts.
“Ons weet dat die ure se harde werk en toewyding vrugte sal afwerp. Bergsig Akademie staan bankvas agter ons skuts en afrigters,” het die skoolbestuur gesê.
Bergsig Akademie het hul volle steun uitgespreek vir die hele Suid-Afrikaanse span en wens hulle ’n suksesvolle toernooi toe. “Mag julle mik met fokus, skiet met trots en die eerste plek huis toe bring,” lui die boodskap van ondersteuning.





