Die Graad 7 leerlinge van Laerskool Westwood, Boksburg, het Mnr. Nelson Mandela hierdie jaar herdenk op Mandela-dag deur 67 briefies aan pasiënte te skryf wat siek is en 67 briefies aan die “frontline” werkers om dankie te sê wat hulle gedurende hierdie Covid-19 pandemie vir ons land beteken.

As gevolg van die huidige situasie in hospitale is hulle nie toegelaat om self die pasiënte te besoek en te bederf nie.  Hierdie briefies is gesaniteer en afgelaai by die Medicross in Boksburg, waar die briefies deur die mediese personeel uitgedeel is.

#Wessies maak 67 harte bly

#Wessies gee om

 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article