Twee klubrugbyspelers van die Paarl het Woensdag weer in die landdroshof in Wellington verskyn. Foto: Jana Scheepers/Argief

Rugbyspelers se verkragsaak na streekhof in Paarl oorgeplaas

Twee klubrugbyspelers van die Paarl het Woensdag weer in die landdroshof in Wellington verskyn. Foto: Jana Scheepers/Argief

Twee klubrugbyspelers van die Paarl het Woensdag (5 Augustus) weer in die landdroshof in Wellington verskyn. Hulle staan tereg op vier aanklagte van die verkragting van ‘n 21-jarige student van die Wellington-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT).

Die saak is Woensdag na die streekhof in die Paarl oorgeplaas. Hul volgende verskyning is op 13 Oktober.

Vroeër is berig oor bewerings dat die student in die vroeë oggendure van 27 April vier keer in haar kamer by ‘n studentehuis verkrag is, nadat die beskuldigdes haar glo ‘n saamrygeleentheid van ‘n nagklub in Newton, Wellington, na haar studentebehuising gegee het.

Die 23-jarige beskuldigde is verbonde aan ‘n bekende rugbyklub in die Boland en sou na bewering op 3 Mei by ‘n nuwe rugbyklub in Limpopo aansluit. Die 28-jarige beskuldigde is verbonde aan ‘n rugbyklub in die Swartland-distrik.

LEES MEER: Paarlse klubrugbyspelers wat van verkragting beskuldig word op borgtog vrygelaat

Die beskuldigdes se name word ingevolge die Strafproseswet weerhou weens die aard van die beskuldiging en sal eers bekend gemaak word sodra hulle pleit. Die naam van die klaer word ook ingevolge dieselfde wet weerhou.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Hugenote vs Swartland Interschools 2026
    Hugenote vs Swartland Interschools 2026

Gift this article