- Stort, skeer en gebruik ‘n lyfskrop voordat jy dit aanwend. Dit sal verseker dat jy van alle dooie vel ontslae raak en die oppervlakte glad maak sodat die middel meer eweredig aangesmeer kan word.
- DHA (dihidroksiesetoon) is die bestanddeel wat die verbruining veroorsaak, maar kan aan droë gedeeltes kleef, so gebruik ‘n bietjie bevogtiger op dele waar jy ekstra droog is, soos jou knieë, elmboë, gewrigte en hakke.
- Was jou hande goed na die tyd. Jy kan ‘n tanning mitt gebruik om dit dan liggies op die bokant van jou hande in te smeer sodat dit dieselfde kleur as jou arms is.
- Wag minstens 20 minute voordat jy aantrek om te verseker dat als geabsorbeer is.
- Wanneer jy stort, vermy te warm water, en moenie te hard skrop nie.
- Smeer gereeld ‘n bevogtiger aan om die kleur vir langer te laat hou. Wanneer jou vel droog is, begin dit natuurlik afskilfer, wat die kleur ook sal beïnvloed.
- Vir dele wat te donker is, of wanneer jy van die kleur ontslae wil raak, gebruik ‘n produk soos Skinny Tan Miracle Self Tan Eraser R399, Takealot.
Probeer
- Gatineau Golden Glow Gradual Tan R845, Truworths
- Dermastore Self-Tan Drops R775, Dermastore
- Skinny Tan Self-Tanning Express Mousse R539, Takealot
Lees ook: Wees sonslim | rooi rose
