Deur Leandri Wahl (Skoonheidsredakteur, rooi rose)
- Om seker te maak dat jou bene glad is en daar geen ingroeihare of knoppies is nie, skeer wanneer jou vel nat en warm is.
- Vryf ‘n lyfskrop met sirkelbewegings in. Fokus op dele wat neig om droog te wees, soos jou knieë, en dele waar hare kan ingroei, soos die buitenste kante van jou kuite.
- Gebruik genoeg skeerjel of -skuim.
- ‘n Stomp skeermes irriteer die vel.
- Smeer ‘n bevogtigende lyfroom, wat geen geurmiddels bevat nie, aan na jy geskeer het. Vermy eers produkte wat aktiewe bestanddele bevat, en gebruik dit eerder ‘n dag of twee nadat jy geskeer het.
Lees ook: Kyk mooi na jou naels | rooi rose
