Saamgestel deur Rachel Jonker
rooi rose deel graag ’n spyskaart vir heerlike kuierkos.
Vleis op die kole
Hier is ’n heerlike kerriesosatieresep. Kerriesosaties | rooi rose
Ons Suid-Afrikaners hou van kerrie. Hoewel ons voorkeure vir die kerriegeur kan verskil verskil (hoe soet dit is, hoe sterk dit is en watter geurmiddels daarby hoort), is dit beslis ’n gesamentlike kultuurerfenis. Kaap-Maleise kerrie het sy wortels in die kooktradisies van Suidoos-Asië, terwyl Durban-kerrie weer deur Indiese arbeiders na Suid-Afrika gebring is.

Kerriesosaties. Foto: rooi rose
Dié blatjanghoendervlerkies sal jou laat smul: Blatjanghoendervlerkies | rooi rose
Blatjang het ook ’n Maleisiese en Indonesiese herkoms, maar het ’n redelike groot gedaanteverwisseling ondergaan. Plek van ’n smeer of pasta wat oorspronklik van gedroogde vis gemaak is, is vrugte hier as die basis van die sous of smeer gebruik.

Gebraaide hoendervlerkies. Foto: Daniel Hooper, Unsplash
Wat is ’n braai sonder ’n lekker tjoppie? Hier is vier verskillende marinades of geursels waarmee jy jou lamstjop kan braai: Lekker lamstjops | rooi rose
Hierdie resep verg ’n bietjie meer tyd en moeite, maar dis nog ’n smaaklike dis vir ’n gesellige braai: Borsstuk oor die kole | rooi rose
Braaibroodjies
Die geskiedenis van brood is hopeloos te lank om hier te noem, maar ’n braaibroodjie is sinoniem met ’n Suid-Afrikaanse braai. Ons kry braaibroodjies in verskeie vorms met verskillende geure, en is min gepla oor enige voorskrifte.
Hier is ’n paar lekker braaibroodjieresepte waarmee jy kan eksperimenteer: Die heerlikste braaibroodjies | rooi rose

Probeer hierdie lekker braaibroodjies! Jan Braai: Die supermodel 6 braaibroodjies | rooi rose

Jan Braai se Die Supermodel-braaibroodjie. Foto: rooi rose
Pap
Wat is ’n braai sonder pap? (Seker maar ’n braai in die Wes-Kaap!)
Probeer gerus Jan Braai se mieliepaptertresep: Jan Braai se Mieliepaptert | rooi rose
Slaai
Jou slaai kan ’n vars bykos wees, maar jy kan ook jou slaai ’n bietjie braai …

Hier is ’n verskeidenheid van slaai wat jy só op die kole kan probeer braai.
- Gebraaide soetrissie-en-tamatieslaai met pesto
- Geskroeide koolslaai met sesamsous
- Geroosterde broccoli-en-prei-slaai met halloumi
- Geroosterde eiervrugslaai met feta-en-jogurtsous
Maar as jy nie noodwendig jou slaai ook wil braai nie, is hier lekker alternatiewe:
- Slaai van fetakaas, lemoen, bronkors, roket & heuning-amandels | rooi rose
- Beet-en-lemoen-slaai met bokmelkkaas | rooi rose
Nagereg
Op ’n dag waarop ’n mens iets vier, moet jy beslis nagereg eet! Hierdie trots Suid-Afrikaanse soetighede sal jou jou lippe laat aflek vir meer:
- Malvapoeding met soutkaramelsous | rooi rose
- Tradisionele melktert | rooi rose
- Vinnige Peppermint Crisp-tert | rooi rose

Malvapoeding met soutkaramelsous. Foto: rooi rose
Lees ook: Kook hierdie Erfenismaand ander kulture se kos | rooi rose
