Leandri Wahl, Skoonheidsredakteur
-
Gebruik ’n hittebeskermer wanneer jy jou hare met ’n krultang, haardroër of stileeryster (straightener) stileer. Dit vorm ’n beskermende laag wat sal voorkom dat jou hare uitdroog en die kleur vinniger vervaag.
-
Wees versigtig met te veel sonblootstelling. Die UV-strale dra by tot die afbreek van pigmentasie, wat jou helder kleur vinniger vaal kan laat lyk.
-
Gebruik produkte wat vir gekleurde hare geformuleer is, of meer spesifiek, vir jou unieke kleur.
-
Gebruik gereeld ’n voedende masker vir bevogtiging wat ook help om die kleur in te seël.
-
Wag minstens 48 uur voor jy jou hare was nadat jy dit gekleur het. Was dan met louwarm water.
Lees ook: Wenke vir gesonder krulle | rooi rose
