Provinsiale Netbal Uitspele - Kalahari blink uit vir Noord-Kaap Uitspele in Upington
o.19 Noord-Kaap Netbalspan eindig in die Top 4

Provinsiale Netbal Uitspele – Kalahari Uitspele in Upington


Provinsiale Netbal Uitspele. Hoërskool Kalahari, Kuruman, se netbalspanne het hul staal gewys tydens die Provinsiale Uitspele. Die o.14-span en o.19-span het Noord-Kaap verteenwoordig by die Provinsiale netbal uitspele. Dit het plaasgevind van 13 tot 15 Junie in Upington.

Hierdie twee spanne het briljant gevaar. Die o.14-span behaal ‘n derde plek en die o.19-span eindig onder die Top 4 spanne. Dit is ’n bewys van harde werk, toewyding en spanpoging.

Elke speler, afrigter en ondersteuner het ’n rol gespeel om hierdie prestasie moontlik te maak. Hulle deursettingsvermoë en sportmangees het die Kalahari-naam met trots hoog gehou.

Provinsiale Netbal Uitspele - Kalahari blink uit vir Noord-Kaap Uitspele in Upington
o.14 Netbalspan eindig derde

Hoërskool Kalahari is ongelooflik trots op hulle!

https://kalaharihighschool.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article