Provinsiale Forum- leierskapskonferensie Helene Greeff behaal groot Prestasie
Leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck wat die Provinsiale Forum-leierskapskonferensie bygewoon het. – Foto verskaf

Provinsiale Forum- leierskapskonferensie Helene Greeff behaal groot Prestasie

Provinsiale Forum- leierskapskonferensie Helene Greeff behaal groot Prestasie
Leerders van Hoërskool Jan van Riebeeck wat die Provinsiale Forum-leierskapskonferensie bygewoon het. – Foto verskaf

Hoërskool Jan van Riebeeck het ’n besondere mylpaal beleef. Die Provinsiale Forum- leierskapskonferensie is by Hoërskool Hottentots Holland aangebied. Hierdie konferensie het jong leiers van regoor die Wes-Kaap bymekaar gebring. Hulle het saam gedink oor die rol van jeugleierskap en hoe dit die toekoms van skole en gemeenskappe kan vorm.

Hoërskool Jan van Riebeeck is met trots verteenwoordig deur Helene Greeff, ’n gr. 11-lid van hul VRL. Helene het nie net aan die Provinsiale Forum-leierskapskonferensie deelgeneem nie. Sy het ook ’n groot prestasie behaal deur verkies te word tot die Provinsiale VRL. Dis ’n eer wat haar toewyding en leierskap beklemtoon. Helene het tydens die geleentheid haar amptelike balkie ontvang, ’n simbool van verantwoordelikheid en diens. Sy ontvang ook die unieke “Paspoort van Patriotisme” wat die waarde van betrokkenheid en trots in ons land onderstreep.

Belangrikheid van Leierskap

Die konferensie het gefokus op Jeugdag en die belangrikheid van leierskap binne die skoolomgewing. Die doel was om leerderleierskap te versterk en samewerking tussen verskillende skole se VRL’e te bevorder. Hulle doel is ook om die verhouding met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verder uit te bou. Jong leiers het die kans gekry om na inspirerende toesprake te luister. Self het hulle aan betekenisvolle gesprekke deelgeneem en was deel van ’n interaktiewe debat oor kwessies wat die jeug direk raak.

Hierdie dag was nie net ’n geleentheid om kennis te deel nie, maar ook om die stem, potensiaal en bydrae van jongmense te vier. Dit het gewys dat leierskap nie net oor posisies gaan nie, maar oor die vermoë om ander te inspireer en ’n positiewe verskil te maak.

’n Opregte woord van dank word uitgespreek aan me. Swartz, Adjunk-hoofonderwysspesialis (VRL en Sport), vir haar uitstekende organisering van die forum en haar volgehoue ondersteuning van leerderleierskap in die Wes-Kaap.

Helene se prestasie is ’n trotse oomblik vir die skool en ’n herinnering dat die toekoms in die hande van toegewyde jong leiers lê.

https://janvanriebeeck.co.za/

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article