Ndiliseko Bangani (links) en Devon Williams bult spiere voor hulle mekaar volgende week in ’n unieke vegkunstoernooi pak. In dié toernooi, op Saterdag 25 Mei vanaf 16:00 in die Hellenic-saal in Gqeberha, sal beroepsboksers, amateurboksers én gemengde gevegskunsvegters in aksie wees. Bangani en Williams sal mekaar in een van die gemengde gevegskunsgevegte pak. Sanele Magwaza, die Wêreldboksfederasie se Internasionale junior-veergewigkampioen, sal die aand ook in ’n vertoongeveg teen Tito Mtongonya boks. Kontak Chanry Strydom by 083 611 2804 vir navrae oor kaartjieverkope. Foto: Willemien Green


Vegkunstoernooi sal sorg vir aksie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article