Van links is Leanka Laubscher, eienaar van Leanka Laubscher School of Dance, Casey-Lynn Barnard, Nerisha Greeff en Monique Rudd. Foto:VERSKAF


VERSKEIE dansers, modelle, drama-studente en sangers van Port Elizabeth sal op 22 Junie na New York reis om Suid-Afrika te verteenwoordig by “Talent America” se Internasionale kompetisie.

Nerisha Greeff, Monique Rudd, Casey-Lynn Barnard en Leanka Laubscher het gedurende April vanjaar by “Talent Africa” se nasionale rondte by die PE Opera-huis vir die SA-span gekwalifiseer.

Nerisha Greeff (17) van die Hoërskool Brandwag se deelname sluit in model, dans en fotografie en het ses goud, vyf silwer, een brons medaljes en spesiale toekenning vir “Most promising senior model” verwerf.

Casey-Lynn Barnard (17) van die Hoërskool Despatch, het aan sang, drama en dans deelgeneem en het sewe goud en drie silwer medaljes verwerf, asook spesiale toekennings vir “Top 10 acting, Senior most promising dancer, Top 10 senior dancers, Overall Dance Group–LLSD Elite Crew”.

Monique Rudd (18) van die Hoërskool DF Malherbe het drie goud en twee silwer medaljes gewen, asook spesiale toekennings vir “Overall Dance group–LLSD Elite crew” vir haar deelname in drama en dans.

Leanka Laubscher het nege goud, twee silwer en een brons medalje gewen en spesiale toekennings verwerf vir haar deelname aan model, fotografie en dans.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article