Sersant Francois van den Berg en Tish Els van die Suid-Afrikaanse Polisiediens het onlangs ’n praatjie oor die gevare van dwelms by die Laerskool Altona gegee.
Die graad 6- en 7-leerders het verryk uitgestap met die wete dat dit hul verantwoordelikheid is om vir mekaar om te gee en die gevaartekens van dwelms te identifiseer.




