EERSKOMENDE Sondag, 2 Desember, sal die jaarlikse groot samekoms van die Oos-Kaapse afgetrede Spoorwegwerkers by die PE Miniatuur-treintjie-klubgebou, by Stella Londt-park, gehou word.

Die geleentheid, wat om 09:00 begin, bied vir oud-kollegas die geleent-heid om te gesels oor, onder meer, die verlate toestand van onbemande spoorwegstasies wat lank gelede meegeding het vir gesogte trofeë soos die Lady Duncan Trophy wat jaarliks toegeken was aan die mooiste stasie in ’n spesifieke kategorie.

Dit sal ’n bring-en-braai geleent-heid wees met vure, pap en sous wat voorsien word. Alle Spoorweg afge-tredenes is welkom om dit by te woon. Elkeen moet sy eie stoele en sonsambreel saambring.

Een van die hoogtepunte op die program is die besoek van advokaat Anton Alberts van die Vryheidsfront Plus wat die Spories op hoogte sal bring van die jongste verwikkelinge van ’n moontlike skikking in die jarelange klasaksie teen Transnet in die hooggeregshof ten opsigte van die R80 biljoen eis.
Vir meer inligting skakel Chris de Vos op 082 882 5920 of Hannie Alberts op 084 406 0197. – MEDEWERKER

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article