Keano Niemand
Keano Niemand droom reeds van Italië se rugbyvelde. Foto: Verskaf

Rugbyspelers van Otto du Plessis haal toerspan na Italië


‘n Lewenslange droom om in die buiteland te gaan rugby speel wink vir Keano Niemand, agtsteman en kaptein van die Hoërskool Otto du Plessis se eerstespan.

Hy is deur keurders wat hul net landwyd gespan het gekies om die BRSI Warrior-uitnodigingspan na Italië te vergesel.

Dié toer duur van 5 tot 12 Desember.

Braam van Wyk, verkoopskonsultant van BR Sport, sê in ‘n brief Keano is uit baie talentvolle spelers vir die toer gekies.

Vir Keano (17), wat ook verlede jaar vir die skool se eerstespan gespeel het, is dit ‘n lewenslange droom wat hy nou wil verwesenlik.

Keano Niemand
Keano Niemand droom reeds van Italië se rugbyvelde. Foto: Verskaf

Sy ma, Leejanka, sê dis ‘n ongelooflike geleentheid vir Keano om sy passie vir rugby op internasionale vlak uit te leef.

“Sy keuse vir die span wys nie net sy talent nie, maar ook die harde werk, opoffering en deursettingsvermoë wat hy oor die jare ingesit het om sy droom na te jaag.

“Die toer gaan oor meer as net rugby. Dit beteken baie vir sy familie en spanmaats wat deel was van sy rugbyreis.

“Ons is ongelooflik trots op wat hy reeds bereik het en die voorbeeld wat hy vir jonger spelers stel.

“Die toer is ook ‘n geleentheid vir groei, nuwe ervaringe en herinneringe wat ‘n leeftyd sal hou,” sê sy.

Keano gaan egter R70,000 nodig hê om sy droom te verwesenlik. Intussen is ‘n BackaBuddy gestig om hom in Italië te kry.

Vir meer inligting oor fondsinsameling vir Keano, kontak 076 503 7465.

Twee ander Otto-spelers is ook vir die toer gekies. Hulle is Louis van Rooyen (binnesenter) en Levin Mapoe (stut).

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article