Die wenners van die ATKV en ‘PE Express’ se herwinningsinisiatief, SKOON, is aangekondig en gereed om hul dromme te ontvang. Die tien wenners ontvang elkeen twee dromme wat hulle vir drie maande gaan gebruik om vullis ter herwin. Die wenners het die keuse om glasbottels, papier, blikkies of plastiek te herwin. Die herwinnnings-projek begin amptelik op 1 April. Hou gerus die ‘PE Express’ se Facebook-blad dop om die wenners se vordering met hul herwinning te volg. Hier is ‘PE Express’-spanlede Elton Baarman (links) en Morné Frans wat wys hoe die dromme lyk. Foto: nicolette thomas


‘PE Express’ en ATKV se SKOON-projek begin

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article