Gerrit Basson stel eersdaags sy vyfde gospel album bekend. Foto:ZELDRÉ STRAUSS SWANEPOEL


GERRIT Basson, pastoor en oud-skoolhoof van die Laerskool Môrewag, stel eersdaags sy vyfde gospel album bekend.

Basson is al bykans ses jaar ’n gospelprogramaanbieder by Bay FM 107.9 en bied die program, Local is Lekker, elke Donderdag-aand aan.

Sy splinternuwe album, Sing vir die Here, bevat die liedjie met die titelnaam, waarvan Basson die musiek en lirieke self geskryf het. Hierdie liedjie het sowat ’n jaar gelede onder die top-5-liedjies geëindig in ’n kompetisie waar daar meer as 100 inskrywings was.

“Die album bevat ook ander treffers soos Wonderwerkend God. Dit is ’n sekulêre liedjie waarvoor ek geestelike woorde geskryf het,” het Basson verduidelik.

Basson is onlangs vir twee gospeltoekennings genomineer vir die plaaslike Gabriel Global Gospel Awards wat in Junie plaasvind en vra die publiek om hom te ondersteun.

“Stuur asseblief een WhatsApp of SMS met die nommer 50 na 079 080 6308 en ’n aparte WhatsApp of SMS met die nommer 28 na dieselfde nommer van elke selfoon en tablet wat u besit.”

Basson se album vrystelling vind op Vry-dag, 13 April om 19:00 by die Open Door Westpointkerk, Brandstraat, Westering plaas. Toegang is R30 vir volwassenes en R15 vir leerders. Verversings en al Basson se CD’s sal beskikbaar wees.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article