Annree van Zyl van die Hoërskool Framesby en Pieter Conradie van die Hoërskool Pearson is op 1 Mei verkies tot gebiedsjeugleiers van Die Voortrekkers: Oos-Kaap vir 2024/2025. Gebiedsjeugleiers is die hoogste rang wat ’n jeuglid in die Voortrekkers kan beklee. Die Oos-Kaap Gebiedsjeugleiers van 2023/2024 Albert Hugo (tuisonderig leerder) en Mia Human (Hoërskool Despatch) het die afgelope jaar projekte aangepak om ’n verskil onder hulle gemeenskap te maak. Hul diensjaar het op ‘n hoë noot geëindig toe hulle op 29 April 150 potloodsakkies – vol skryfbehoeftes – aan Despatch Voorbereidingskool oorhandig het. Hier verskyn, van links, Mia Human, Albert Hugo, Annree van Zyl en Pieter Conradie. Foto: Verskaf


Ontmoet die nuwe gebiedsjeugleiers

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article