Die Hoërskool Kaap Recife vier hierdie jaar hul 70ste bestaansjaar en om te verseker dat dié ‘n jaar sal wees om te onthou, kom vier Mollie en Wors saam fees!
Die bekende akteurs, Lizz Meiring en Willie Esterhuizen, sal op 25 Junie om 19:00 by die Impetus-teater saam kom fees vier met hul bekende verhoogstuk, Die Geheim van ‘n Gelukkige Huwelik – Bly ‘n Geheim.

Daar word ‘n beroep op die publiek gedoen om hierdie projek te ondersteun wat ten bate van die Kaap Recife Skool is. Dié skool bied al vir die afgelope 70 jaar spesialiteitsonderrig en ondersteuning aan leerders met leer-, fisiese- en serebrale gestremdheid. Kaap Recife volg die CAPS kurikkulum vir leerders vanaf graad R tot Graad 12.
Bespreek so gou moontlik kaartjies op Quicket se webtuiste om teleurstelling te voorkom!
Die vertoning beloof om die gehoor se lagspiere te laat werk, en vir ‘n oomblik te vergeet van alledaagse uitdagings … maar ook tog stof tot nadenke te wees, soos net Mollie en haar Wors kan!





You must be logged in to post a comment.