Tydens Saterdag, 25 Januarie, se Liga 2 atletiekbyeenkoms het Lincoln Kunekke, ’n leerder aan die Hoërskool Framesby, uitstekend in die hamergooi item vir o.18 seuns presteer.

Hy het ’n persoonlike beste afstand behaal deur die 5kg hamer 63,68m ver te slinger. Hy is huidiglik tweede op die Suid-Afrikaanse ranglys en sy afrigter, Charlie Koen, glo daar is nog plek vir verbetering voor die SA Junior Kampioenskappe wat later vanjaar gehou gaan word. 

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article