DIE Voortrekkers se visie vir laerskoolleerders is om hulle voor te berei vir hul toekoms deur hul algemene kennis te verbreed, verskeie vaardighede te verbeter en leiereienskappe te ontwikkel.
In ’n Voortrekker se Gr 7 -skooljaar kry laerskoolleerders die ge-leentheid om te kwalifiseer vir die Voorslagtoekenning – die hoogste toekenning wat ’n laerskoolleerder in Die Voortrekkers kan verwerf.
Die toekenning is ’n nasionale toekenning wat deur die Hoofdagbestuur toegeken word. Nadat leerders aan die minimum ver-eistes voldoen het, word hulle uitgenooi na ’n nasionale toetskamp.
Tydens die afgelope skoolva-kansie het 10 gr 7 jeuglede van Die Voortrekkers: Oos-Kaap deelge-neem aan dié nasionale toetskamp.
Dié groep se harde werk en toewyding is toe beloon met die Voorslagtoekenning in brons, silwer of goud, afhangende van hul toelatingsvereistes en die finale punt wat behaal is tydens die nasionale kamp.
– BERIG VERSKAF
DEUR AGL RIANA BREYTENBACH





