MODELLE maak reeds om die loopplank te betree by die eerste ronde van die NISSAN Eastern Cape Model Look 2023-kompetisie.
Oudisies sal op Saterdag, 17 Junie, by die Kelway-hotel in Gqeberha plaasvind. Belangstellendes kan ’n vollengte foto en hulle ouderdom na runwaymodel2023@gmail.com. Die besonderhede sal volg.
Die finale word op 30 September gehou by die NISSAN Eastern Cape vertoonlokaal, waar die algehele wenner, indien hy of sy ’n lisensie het, in styl sal ry met die geborgde kar.
Die wenner sal ook wegstap met ’n R2 500 kontantprys en ’n mode-fotosessie ter waarde van R1 500 met ekstra pryse ter waarde van R3 000.
Die kinder-afdeling se wenner stap weg met R2 000 kontant en ’n mode-fotosessie ter waarde van R1 500.
Elke finalis kry ’n mode-fotosessie ter waarde van R650, ’n model look kit, R550 en sal ’n werkswinkel kan bywoon waar verkenners hulle dalk kan raad gee om hulle model loopbaan verder te vat of af te skop.
Deelnemers aan die kinder-afdeling moet tussen die ouderdomme van 3 en 13 jaar wees. Vir die ouer afdeling is dit vanaf 14 jaar en ouer vir mans en vrouens.
Vir verdere inligting, kontak runwaymodel2023@gmail.com.





