ACVV Louis Dubb-aftreeoord in Kabega-park se inwoners het Nasionale Melktertdag verlede maand met ’n melktert-kompetisie gevier. Sestien van die inwoners het die uitdaging aangevat. Die beoordeling is deur Deon Pieterse (Voice RSA), Gertjie de Jager (omroeper LuisterFM), Jeanine van der Berg (Spar Linton Grange) en Carin Botha (BP Kabega en Dameskring Suikerbekkie) gedoen. Die top drie plekke is onderskeidelik aan Maria van As, Nolene van As en Anna Verster toegeken. Hier is Maria van As en Gertjie de Jager. foto:VERSKAF


Maria bak bobaas melktert

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article