Die afgelope twee jaar het die coronavirus verhoed dat die immergewilde Nartjiefees gehou word.

Hierdie gesinsfees was ’n groot gemis op die Oos-Kaap kalender.

Goeie nuus is dat die fees vanjaar met mening terug is en op 8 Oktober gehou word. Die fees vind op die kerkterrein van NG Kerk Loerie in die pragtige Gamtoosvallei plaas.

Die groot vraag op almal se lippe is altyd – “Wie tree by die fees op?”

Nartjiefees 2022 kondig met trots aan: Snotkop, Jennifer Zamudio, Dillon Lerm, Adam Tas, Manie Jackson en Barneace Slabbert.

Die Nartjiefees is ’n dagfees en begin om 08:30. Benewens die nartjie- en groentestalletjies en kosstalletjies sal daar weer pragtige kunsmarkstalletjies wees waar feesgangers tussen die musiek deur kan rondstap.

Daar is nog ’n beperkte aantal kunsmarkstalletjies beskikbaar.

Vir navrae hieroor, asook alle navrae rondom die fees, skakel 079 063 4488. Die Nartjiefees is ook op Facebook en Instagram.

Snotkop gaan by die Nartjiefees optree. Foto: VERSKAF

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article