DOGS, Cats & Friends Pet Hypermarket gaan eerskomende Saterdag ’n insamelingsveldtog vir verskeie dierewelsynsorganisasies hou.
Dié welsynsorganisasies sluit Animal Welfare, Save a Pet, Cat Care, Domestic Animal Care en die Animal Anti-Cruelty League in.
Hulle gaan verskeie stalletjies buite hê waar boereworsrolle, koeldrank en vele meer verkoop sal word om geld in te samel om ’n verskil te maak in die lewens van diere in skuilings in Port Elizabeth.
“Ons as ’n winkel gaan ook 5% afslag (uitsluitend spesiale aanbiedinge) bied op enige donasies wat aangekoop word vir die welsynsorganisasies. Ons probeer ook ons verskaffers kry om kos te skenk aan welsyn. Laaste maar nie die minste nie, gaan ons ‘microchipping’ doen teen R99.99, wat ’n uitstekende prys is,” het Jaundré van Huyssteen van Dogs, Cats & Friends Pet Hypermarket gesê.
Dié insamelingsdag gaan op Saterdag, 6 Julie, by Hoofweg 190 in Walmer plaasvind.




