Die Sondagskool deur Brünn Kramer.

Foto: Basil Brady

Sente word maar dubbel omgedraai deesdae en geld vir luukshede is skraps.

So waarom dan ’n gegewe perd in die bek kyk en die gratis kans om jou kennis te verryk laat verby gaan.

Die Nelson Mandela Metropolitaanse Kunsmuseum in Gqeberha bied gereeld interessante uitstallings, werkskole en begeleide uitstappies aan vir enige persoon wat sou belangstel, en dis alles pure verniet!

Op die oomblik is daar twee uitstallings wat besigtig kan word.

“Behind the scenes” is ’n uitstalling oor alles wat agter die skerms by die museum plaasvind. Daar is interessante dokumentasie wat jy op jou tyd kan deurlees en verskeie kunswerke uit die museum se private kunsversameling wat gelees en besigtig kan word. Baie van die kunswerke is geskep deur kunstenaars wat lank reeds nie meer leef nie maar deur hulle kuns sal aanhou voort bestaan. Die insiggewende uitstalling duur tot 27 Julie.

Die kunsmuseum tree ook op as gasheer vir die Artec-kunsgemeenskap se jaarlikse uitstalling. Dit is die 104e keer dat die uitstalling aangebied word en alle Oos-Kaapse kunstenaars was weereens genooi om werk vir die uitstalling aan te bied.

Die titel daarvan is “Landscapes, Landmarks: Make your mark” en kan duur tot 17 Augustus besigtig word.

Tydens die uitstalling word ook van die kunstenaars met toekennings beloon ter aanmoediging en erkenning van hulle werk.

Brünn Kramerse akriel collage, Die Sondagskool is as die beste werk vir die jaar aangewys.

Esme Goosen en Kader Abdulla het albei die Alliance Francaise-toekenning vir hulle bydrae ontvang.

Die Mary-Rose Dodd toekenning vir drukwerk is aan Luke Rudman vir sy kleurvolle drukwerk toegeken.

Michael Barry het die GK Boulter-toekenning vir sy bydrae ontvang en Christine Ross-Watt ’n toekenning vir die beste veteraan op die uitstalling.

Die jeug word allermins afgeskeep nie en Zama Spellman is met ’n toekenning vir die beste opkomende kunstenaar (onder 25 jaar) beloon.

Vuyo Ngwekazi het met die toekenning vir die beste self geleerde kunstenaar ontvang en Monique Wiffen-Rorke vir die eerste opvolger (runner up) met Sivan Sahar kort op haar hakke as die tweede opvolger naas die wenner.

Materiaalverf kunswerke deur Vuyo Ngwekazi.

Verskeie kunsprogramme word ook by die museum aangebied.

Kinders van 7 tot 15 jaar elke tweede Saterdag van die maand n kunswerkswinkel van 10:00 tot 12:00 bywoon. Dit word gratis aangebied maar plek daarvoor moet vooraf bespreek word. Alle kunsmedium sal voorsien word en kinders moet verkieslik ou klere dra en voorskoot saamneem.

Begeleide uitstappies kan ook by die museum bespreek word vir kunsliefhebbers wat meer in diepte n uitstalling sou wou besigtig.

Skole kan ook werkswinkels vir hulle leerders bespreek waar daar eers ’n uitstappie in die museum aangebied sal word alvorens die werkswinkel na gevolg van die ouderdomsgroep aangebied sal word.

Besoek die museum gedurende die week van 09:00 tot 16:00 en op ’n Saterdag van 09:00 tot 12:45.

Die Museum sal wel gedurende gedurende beurtkrag vir die publiek gesluit wees.

Skakel 041 506 2000 of 079 4900 690 of stuur epos aan artmuseum@mandelametro.gov.za of nmm.artmuseum1956@gmail.com en besoek die webwerf by www.artmuseum.co.za en Facebookblad vir meer inligting oor uitstallings en aktiwiteite of om plek te bespreek vir werkswinkels wat by die museum aangebied word.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article