Die Graad 7-leerders van die Laerskool Altona is onlangs tydens hul Afrikaanse periode deur hulle onderwyser, Reon Swanepoel, verras met ’n eg Afrikaanse gereg. Nasionale Melktertdag word op 27 Februarie gevier. Dié vieringe was vanjaar op ’n Sondag, en so moes Altona die blou Maandag meer kleur gee. Die leerders het omtrent hulle lippe afgelek. ‘Ons is trots Afrikaans en daarom is dit belangrik om ons taal te praat, te skryf, te lees en sommer te smul daarby,’ het Swanepoel vertel. Foto: VERSKAF


Gr. 7’s vier melktertdag

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article