Die lede van die Hoërskool Framesby se o.14A-span is, agter van links, Lara Hough, Bronwyn Goosen, Mekayla Koekemoer, Leandri van Rhyneveld, Chanté Els en Dannika Marais, en voor van links Danielle Vermaak en Leigh Snyman. Foto:VERSKAF

Framesby netbalspelers dring deur na SA Skole

Die lede van die Hoërskool Framesby se o.14A-span is, agter van links, Lara Hough, Bronwyn Goosen, Mekayla Koekemoer, Leandri van Rhyneveld, Chanté Els en Dannika Marais, en voor van links Danielle Vermaak en Leigh Snyman. Foto:VERSKAF

DIE Hoërskool Framesby se netbalspanne het onlangs geskiedenis gemaak deurdat al drie hul ouderdomsgroepe na die SA Skole in Boksburg deurgedring het.

Dit volg nadat die spanne ná ’n klomp uitkloprondtes van die Challenge Reeks eerste of tweede in die Oos-Kaap geëindig het. Dis werklik ’n merkwaardige prestasie.

Die o.14A-span het tweede in die Oos-Kaap geëindig, terwyl die o.16A- en o.19A-spanne die Oos-Kaapse Kampioene in hul onderskeie ouderdomskategorieë is.

Die SA Skole sal op 21 en 22 Julie in Boksburg plaasvind.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article