Verskeie Hoërskool Framesby atlete het geskitter by die onlangse Kwagga Top 10 atletiekbyeenkoms op George. In die paalspring vir seuns o.16 het Matthys Potgieter ’n persoonlike beste hoogte van 3,30m geslaag en die goue medalje verower. In die paalspring vir seuns o.17 het J.J. de Lange met ‘n hoogte van 3,70m die goue medalje verower. Van links is J.J. de Lange, Juan van Eyk (afrigter) en Matthys Potgieter. Foto’s: VERSKAF


Framesby atlete skitter

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article