Elmé Botha (23), ’n lid van die NMU atletiekklub, het onlangs tydens die OP Kampioenskappe die OP-rekord, wat sy ongeveer twee jaar gelede opgestel het, verbeter. Sy het haar afstand van 52,80m na ’n 58,80m verbeter. Nadat sy twee jaar gelede die rekord verbeter het, het sy kort daarna ’n besering opgedoen tydens ’n oefening en gesukkel om weer aan die gang te kom. Sy berei nou met alle erns voor vir die SA Kampioenskappe wat op 18 April in KwaZulu-Natal aangebied word. Haar mikpunt is nou om die 60m kerf te behaal.Foto: Verskaf


Elmé klop eie rekord

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article