Van links is Jan de Ridder (bestuurder van IMPROCHEM/AECI), Chaneleigh Schmeizwer (8), Milano Olivier (8), Entle Potwana (8), Asaviwe Mankayi (7) en Benita Duminy (skoolhoof) tydens die oorhandiging. Foto:reon swanepoel


LEERDERS van die Laerskool Altona in Port Elizabeth gaan hierdie winterseisoen met breë glimlagte en warm voete rondloop.

Hierdie opgewondenheid is te danke aan AECI, ’n houermaatskappy van Improchem, wat ’n deurslagtige sosiale ontwikkelingsprogram in plek het. Dié program word deur die hoof-uitvoerende beampte van die maatskappy, Mark Dytor, bestuur.

Dit sluit verskeie inisiatiewe in soos om terug aan die gemeenskap te gee, opbou en ontwikkeling deur opvoedkunde (beurse, geleerdhede en internskappe van weeskinders tot gegradueerdes), die herstel van mense se waardigheid en ondersteuning deur gemeenskappe se infrastruktuur te ontwikkel en voedingskemas te ondersteun.

Die Chrockerts Hope 4×4-gemeenskapsklub was besig met ’n soortgelyke projek in die Greenbushes-gemeenskap en het vir Jan de Ridder, bestuurder an AECI/Improchem, van die Laerskool Altona se behoeftes vertel.

AECI/Improchem het ’n nuwe projek, Barefoot in Africa no more, geïnisieer deur ’n nuwe soort skoolskoen te vervaardig. De Ridder het Maggy Khupari, menslike hulpbronbestuurder, met die idee van die projek genader wat toe deur AECI goedgekeur is.

AECI het toe KIDS ETC genader om ’n skoen te ontwerp met die volgende spesifikasies:

. Dit moet van ‘n innoverende materiaal vervaardig word;

. Skokabsorberend wees;

. Rekbaar wees vir die groei van ‘n kind se voet;

. Gemaklik wees;

. Nie blase veroorsaak nie;

. Nie gepolitoer moet word nie;

. Gewas kan word;

. Waterbestand wees;

. Herwinbaar wees.

AECI/Improchem het ’n addisionele donasie van 415 warm frokkies, onderklere, rugsakke en potloodsakkies met skryfbehoeftes aan die skool geskenk.

Die Laerskool Altona is baie dankbaar vir die groot verrassing en het groot waardering vir AECI/Improchem se skenking.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article