’n Student aan die Nelson Mandela Universiteit gaan haar staal wys as ’n Mej. Tiener vir Suid-Afrika nasionale finalis tydens ’n byeenkoms in Pretoria op 9 Oktober.

Michaela Robinson (18) studeer tans vir haar graad in sielkunde.

’n Hardwerkende, positiewe jong dame, haar passie is om in haar omgewing uit te reik om mense met geestes-gesondheidsversteurings te help. Sy wil teruggee deur haar diens in die gemeenskap te verbreed om die baken van hoop te wees vir ons jong mense van vandag wat die toekoms sal wees.

“Ek het ’n passie om hulle te help met lewensvaardighede om die wêreld aan te pak met ’n glimlag,” het sy vertel.

“Michaela het ’n passie vir kinders en jong mense. Sy het self deur ’n moeilike tyd gegaan as ’n tiener en sy weet sy is sterk genoeg om ’n steunpilaar te wees om ander te help om weer in hulle self te glo,” het Veruschka Barnard O’ehley van Extreme Models and Beauty gesê.

Michaela glo dat die platform as ’n nasionale finalis haar ’n groot geleentheid gegee het met die seminaar en die geleentheid vanaf 15 Junie. Hulle het in Johannesburg die werkswinkel bygewoon en is bederf deur een van hulle borge by die Da Vinci Hotel in Sandton.

Die dag het begin met ’n professionele fotosessie, vroeë oggend video sessie, en film van die finaliste.

Hulle vlieg weer op 7 Oktober om die finale by te woon, waar een van die dames met die titel sal weg stap.

Michaela sien uit daarna en sal met trots haar provinsie en Gqeberha se naam hoog hou.

Michaela Robinson, ’n student aan die Nelson Mandela Universiteit vir ’n graad in sielkunde.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article