Die leerders en personeel van die Laerskool Altona het onlangs ’n donasie aan die organisasie Reach for a Dream gemaak. Altona skoolhoof, Benita Duminy, het gesê, “Daar is so baie jong kinders met lewensbedreig-ende siektes en ten spyte daarvan het hulle ook drome en begeertes. Ons ondersteuning laat dit toe om van hierdie kinders se drome vlerke te gee en waar te laat word. Ons is dankbaar om ’n verskil in jong kinders se lewens te kan maak.” Van links is Benita Duminy (skoolhoof), Lubabalo Ntunja, Bianca Maartin (onder-hoofleiers), Michelle van Huyssteen (Reach for a dream) en Monique Bennin (onderwyseres). Foto:VERSKAF


Altona gee drome vlerke

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article