Johanna Swanepoel se plastiekbottels wat sy opgetel het. foto’s:verskaf


DIE wenners van die ATKV en PE Express se Skoon-herwinningskompetisie is hard aan die werk om allerlei herwinbare materiaal bymekaar te maak.

Hier is van die wenners wat wys hoe hulle vorder met hul herwinning.

In die Olivier-huis is daar glo meer herwinning as wat die dromme kan hou, vertel pappa Wikus.

“Die herwinning vir die eerste op-tel vorder goed. Familie en vriende maak ook plastiek en glas vir ons bymekaar,” het hy gesê.

En Danette Marais se seuntjie, Joubert (5), leer ook hoe om te herwin. “Ons almal geniet dit vreeslik baie om te herwin,” het sy gesê.

Johanna Swanepoel het plastiekbottels ná ’n rugbywedstryd byme-kaar gemaak om te herwin.

“Dit was lekker om te weet hierdie bottels word herwin,” het sy vertel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article