Die Laerskool Altona het ’n sport- en kultuurtoekenningsaand op 23 Augustus gehou.
Die tema van die aand was “Let your faith be bigger than your fears!”
Dano Swart, ’n kranige krieket- en rugbyspeler, was die gasspreker. Swart het in 2019 tydens ’n rugbywedstryd ’n sportbesering opgedoen wat sy lewe handomkeer verander het.
Die Laerskool Altona het vir hom ’n spesiale video gemaak waar die leerders op die rugbyveld die aand se tema uitspel. Hulle het Swart destyds in Aurora gaan besoek en vir hom ’n Living Ball-rugbybal met Bybelverse oorhandig.
Swart het ook die trofeë en sertifikate aan die wenners oorhandig. Die sportsterre (meisie en seun) is onderskeidelik Nadira Daniel en Hunchen Petrus.





