Die koor wat onder leiding van Freda Nel as dirigent en Marliza Taylor as begeleidster, hard besig is om vir die konsert te oefen. foto:VERSKAF


DIE Arbitrio Mannekoor van Gqeberha bied op 28 Oktober ’n verskei-denheidskonsert aan ter viering van hul 45ste bestaansjaar.

Die koor is in 1977 deur Joey van Zyl gestig en tree nog gereeld op uitnodiging op. Een van die stigters-lede, Nico Bosch, is steeds lid van die koor.

Die besoekende kore wat aan die konsert gaan deelneem is die Despatch Mannekoor, Hemiola Kamer-koor, Adante Koor en die Hoërskool Framesby Fantasia Koor terwyl Elmarie Meyer as solis gaan optree.

Die Hoërskool Framesby Forte Orkes asook Jeff en Marliza Taylor op die saksofoon en klavier, sal instrumentale vermaak verskaf.

Die konsert sal op 28 Oktober by die NG Kerk Sherwood om 19:00 plaasvind.

Toegang is R50 vir volwassenes en R20 vir kinders. Kaartjies sal by die deur beskikbaar wees.

  • Kontak Bennie Black by 082 782 4467 vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article