Tydens die skoolvakansie het 10 graad 7 jeuglede van Die Voortrekkers: Oos-Kaap deelgeneem aan die nasionale toetskamp waar dié groep se toewyding beloon is met die Voorslagtoekenning. Die groep bestaan uit(Kragga Kamma Kommando) Roubert Botha, Donathan Smith, Lené Botha, Pierre De Vries, Roxy Van Der Merwe, Bjorn Pilcher, Meonette Bolleurs,Joshua Kruger en Mia Vorster (Ruiterwag Kommando) van Laerskool Verkenner. Foto:VERSKAF


DIE Voortrekkers se visie vir laerskoolleerders is om hulle voor te berei vir hul toekoms deur hul algemene kennis te verbreed, verskeie vaardighede te verbeter en leiereienskappe te ontwikkel.

In ’n Voortrekker se Gr 7 -skooljaar kry laerskoolleerders die ge-leentheid om te kwalifiseer vir die Voorslagtoekenning – die hoogste toekenning wat ’n laerskoolleerder in Die Voortrekkers kan verwerf.

Die toekenning is ’n nasionale toekenning wat deur die Hoofdagbestuur toegeken word. Nadat leerders aan die minimum ver-eistes voldoen het, word hulle uitgenooi na ’n nasionale toetskamp.

Tydens die afgelope skoolva-kansie het 10 gr 7 jeuglede van Die Voortrekkers: Oos-Kaap deelge-neem aan dié nasionale toetskamp.

Dié groep se harde werk en toewyding is toe beloon met die Voorslagtoekenning in brons, silwer of goud, afhangende van hul toelatingsvereistes en die finale punt wat behaal is tydens die nasionale kamp.

– BERIG VERSKAF

DEUR AGL RIANA BREYTENBACH

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article