Agter is Lionel Martin (graad 10-leerder by Muir College

’n Groep karate-studente van Nelson Mandelabaai is op pad na Duitsland om Suid-Afrika te gaan verteenwoordig.

Hierdie groep gaan deelneem en Suid-Afrika verteenwoordig by die tiende JSKA Karate Wêreldkampioenskap wat gehou word in Lübeck, Duitsland tussen 7 en 14 Augustus en is die enigste studente van die Oos-Kaap wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig.

Deelnemers van 50 lande het ingeskryf om aan hierdie wêreldkampioenskap deel te neem.

Die groep van Nelson Mandelabaai sluit drie studente van Sensei Stephen Bothma se Kariega Dojo in en drie is van die Kabega Dojo onder leiding van Sensei Kelly Geere.

Volgens Sensei Stephen is hierdie toegewyde karate-studente goed voorbereid vir die wêreldkampioenskap en het hulle baie hard gewerk gedurende die Junie skoolvakansie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article