Foto ter illustrasie.

Foto: Gallo Images/Getty Images)

Die Veterane-bystandfonds lei ’n uitreik-veldtog na alle provinsies in Suid-Afrika en bied as deel hiervan gratis maaltye, musiek, bederfpakkies en inkopie-geskenkbewyse eksklusief aan nasionalediensplig-veterane.

Plaaslike veterane kry hul beurt met ’n bederf-geleentheid op 24 Oktober by die NG Kerk Port Elizabeth Noord, by Daltonstraat 87, Sidwell, Gqeberha.

Belangstellendes word gevra om hul identiteitsdokument en kaart van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa) saam te bring om ’n gratis inkopie-bewys van R500 te ontvang.

Veterane wat nie Sassa-pensioentrekkers is nie, kan ook die geselligheid bywoon. Bespreek plek deur die woord “Port Elizabeth” en jou naam na 31429 te SMS.

Die geleenthede is slegs vir nasionaledienspligveterane wat as skoolverlaters destyds deur die wet verplig is om diensplig te verrig.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article